Feedtek

Feedtek -Winsgewende aanweding van Triple S voerkorrels vir skaap

Winsgewende aanweding van Triple S voerkorrels vir skaap

Korrekte voeding is krities vir maksimale benutting van die genetiese potensiaal van vee en be'invloed vrugbaarheid, melkproduksie, groei en gesondheid - ekonomies belangrike funksies wat 'n direkte invloed op winsgewendheid het.

Voeding speel dus 'n sentrale rol in basies elke faset van winsgewende skaapboerdery, maar moet te alle tye strategies en dus met 'n wel deurdagte plan, benader word.

Toenemende intensifisering van skaap produksiestelsels, weens onder andere ongunstige klimaatsomstandighede, ongedierte verliese, diefstal en ekonomiese druk, plaas korrekte voedingspraktyke nog meer prominent op die voorgrond.

Die duurste voer is dikwels die voer wat sub-standaard vervaardig word, weens sub-optimale voeromset doeltreffendheid en verlies aan produksie. Goeie kwaliteit, wetenskaplik gebalanseerde voere verseker hoe produksievlakke en voeromset doeltreffendheid, wat uiteindelik die bepalende faktor vir winsgewendheid is.

Triple S Skaapkorrels

Daarom is dit altyd koste effektief om goeie kwaliteit voerkorrels aan te koop, wat spesifiek saamgestel is vir bepaalde doelstellings, al mag die aankoopprys daarvan effens hoer wees. Dus, gebruik die korrekte voer vir elke produksie stadium vir die beste ekonomiese resultate.

Triple S voere word volgens hierdie beginsels geformuleer en vervaardig. Die voere word vervaardig met hoe kwaliteit grondstowwe en bevat gebalanseerde insluiting van deurvloei prote'ien om skaap se melkproduksie en
-kwaliteit, spiergroei en wolgroei te bevorder.

Feedtek makro voormengsels word ingesluit om makro- en mikro minerale, vitamiene, voerbyvoegsels, soms nie-prote'ien stikstof en ander mikro bestandele veilig en in die korrekte verhoudings te verskaf. Die Feedtek reeks word vervaardig deur 'n spesialis voormengsel vervaardiger, volgens baie streng kwaliteitsbeheer en standaarde, vir volkome gemoedsrus vir die verbruiker.

 

Aanwending van Triple S skaapkorrels en riglyne vir voer inname

 

Produk

 

Tipe diere / Produksie stadium  

Riglyne vir daaglikse inname*
(% van liggaamsmassa)

Droogte Onderhoud

  Droë ooie
Vroeg / Mid dragtig
  2.0 tot 2.5 %
2.0 tot 2.5 %
Ooi Produksie   Paring van ooie > Prikkelvoeding
Laat dragtig > 6 tot 8 weke voor lam
Ooie in Lamhokkies
Vroeg laktasie > 0 tot 30
Mid/ Laat laktasie > 30 tot 60 dae
Uitgroei van jong vervangingsooie
Aanvullende voeding > alle fases

  2.0 tot 2.5 %
2.5 tot 3.0%
3.0 tot 4.0%
3.0 tot 4.0%
2.5 tot 3.5 %
3.5 tot 4.5 %
0.5 tot 1.5 % + ad lib weiding of ruvoer
Ram Produksie   Uitgroei van jong ramme
Volwasse ramme > Onderhoud
Volwasse ramme > Produksie
  3.5 tot 4.5 %
0.5 tot 1.0% + ad lib weiding of ruvoer
1.0 tot 2.0% + ad lib weiding of ruvoer
Lam Kruipvoer   Voorspeense lammers   15 tot 20kg van geboorte tot speen;
verskaf ad lib vanaf 14 dae na geboorte
Lam Groei   Uitgroei van lammers > onder 35 kg   3.5 tot 4.5 %; verkieslik ad lib
Skaap Afrond   Afrond van lammers > bo 35 kg
Afrond van volwasse skaap
  3.5 tot 4.5 %; verkieslik ad lib
3.0tot 3.5 %; verkieslik ad lib

 

* Let wel: Hierdie is slegs riglyne en individuele aanbevelings mag verskil weens verskeie omstandighede.